
ARTKLOP KREATIEF DIENSTE
Artklop Kreatief is ‘n EENSTOP Diensverskaffer, waar studente dikwels ‘n pad van 15 jaar (Gr RRR – Gr 12) saam ons stap, wat getuig van ons topgehalte diens en resultate. Ons dienste sluit in:
- Gr RRR – R: Voorskoolse kreatiwiteitsklasse by skool in skooltyd
- Gr: 1-7: Weeklikse klasse op skoolgronde wat spesialiseer in:
- Kunswedstryd en Kompetisie Afronding
- Redenaars (Voorbereid en Onvoorbereid)
- Laerskool Tienertoneel
- Film- en speltegniek
- Teater Optredes
- Gr: 8-12: Geleentheidsafrigting vir kunswedstryd en redenaars
- Gr: 10-12: Dramatiese Kunste as addisionele Skoolvak
GEHALTE ONDERRIG IS GEWAARBORG
“Navorsing het getoon dat 50% van ‘n kind se IK, van Ma en Pa se gene kom, en 50% van speel-speel stimulasie.” (Dr Melodie de Jager)
Ons sillabus bied ‘n fondasie van ONSKATBARE TOEKOMSWAARDE vir gesonde selfbeeld, emosionele intelligensie, sosiale vaardighede, taalontwikkeling, geheue stimulasie, verhoogde konsentrasie, probleemoplossings-vaardighede en algehele skolastiese en kulturele prestasie,
Ons span bekwame, ervare afrigters en eduprofiloog, stel jaarliks vir elke student ‘n portefeulje saam vir maksimum stimulasie, genot en prestasie! Ons spesialiseer in regterbrein ontwikkeling en kan elke jaar nederig spog met toppresteerders by verskeie kunswedstryde en kompetisies, ATKV redenaars landsfinaal en ander Redenaars kompetisies, sowel as kultuursterre by onderskeie skole.
Al ons afrigters is (onder andere) geakkrediteerde ATKV beoordelaars en dien op die rade van verskeie kultuur instansies om ons studente op die bes moontlike wyse te kan dien.
Ons is professioneel, betrokke, ingelig, toegewyd. Kwaliteit AL die tyd!

REGISTREER VIR KLAS VAN U KEUSE
Voorskoolse Klasse
Hier fokus ons op VOLRONDE ontwikkeling in die vorm van:
- Drama: Rolspel, gediggies, mimiek, improvisasie ens
- Kuns: Teken- en verftegnieke
- Musiek: Basiese ritmiese-instrument vaardighede
- Dans: Informele beweging en lyfgebruik
Laerskool Klasse (Gr 1-7)
Weeklikse dramaklasse op skoolgronde wat spesialiseer in kunswedstryd, redenaars, Laerskool Tienertoneel en algehele spel- en filmtegniek. Stimulasie sowel as prestasie is ons doel!
Hoërskool Klasse
- Geleentheidsafrigting vir Kunswedstryd en Redenaars
- Dramatiese Kunste as addisionele vak (gr 10-12)







